2023 eindjaar atletiek verslag.
​
Ons het oudergewoonte die jaar begin met atletiek, alhoewel dit stadig begin het, het ons nogsteeds gespog met ‘n Vrystaat atleet.
Gedurende Januarie was ons Kleur-Atletiek byeenkoms ‘n groot sukses, wat 100 atlete opgelewer het. Hul het ons skool verteenwoordig by ons Zone byeenkoms.
Daar het 28 atlete en 7 aflosspanne gekwalifiseer om by die Fezile Dabi Noord byeenkoms deel te neem.
Ons is baie trots op die 10 atlete en 2 aflos spanne wat die Fezile Dabi Noord-span gehaal het.
Nyakallo Tshabalala, Malibongwe Mtshweni en Ryann-Lee Scheepers hou Lumies se naam verder hoog toe hulle gekies word vir die NVS-span wat deel geneem het by die VS byeenkoms.
En wat 'n lekker verrassing toe Malibongwe Mtshweni gekies word vir die Vrystaatspan. Baie geluk weereens met jou groot prastasie. Jy het ons harte so trots gemaak.