Geseënd… ‘n Goeie manier om 2023 se hokkieseisoen te beskryf. Met ywerige spelers en kundige afrigters kon die seisoen nie anders as om uiters suksesvol te wees nie. Dankie aan elke afrigter, speler en ouer wat getrou die seisoen met entoesiasme aangepak het. Daarsonder sou die seisoen hoegenaamd nie so geslaagd gewees het nie.
Our mini-hockey has grown from strength to strength. This year we boasted 8 mini-hockey teams. Our little players were eager to learn which made practices very exciting. The focus was placed on introducing players to the game and creating passion and a love for the game. Our players performed extremely well against all schools in the region during the various mini-hockey tournaments that they participated in.
Soos oudergewoonte het Lumies se senior hokkie gekook en het die spelers nie teleurgestel nie. Hulle daag toegewyd op vir elke oefening en is gretig om nuwe vaardighede aan te leer. Beide die 0/11 en 0/13 spanne het aan die A-liga deelgeneem. Die 0/11A dogters toon groot potensiaal en eindig derde algeheel in die liga . Die eerstespan eindig 3de in die A-liga, wat ‘n baie groot prestasie is. Baie geluk aan hierdie dogters. Julle is Lumies se trots.
Ons 0/13A dogters het ook ‘n bedrywige seisoen gehad wat afgeskop het met ‘n toer in Bloemfontein wat deur Elsie Coetzer aangebied was. Daar het ons dogters baie ontwikkel asook die geleentheid gekry om teen groot skole soos Oranje Meisiesskool te speel.
Ons 0/13A span het die seisoen afgesluit deur aan die “Spar Hockey Challenge Festival” deel te neem en het baie goed gevaar. Geen van hul wedstryde is verloor nie en hul eindig die dag af deur algeheel derde te eindig.
Individual players also did extremely well this season. We are very proud of the following girls who excelled on the hockey field. Neo Mofokeng was included in the u/13A NFS team. Buhle Hokomane, Bokang Molete, Katleho Lekale and Dimpho Pitjeng were included in the u/13 B NFS team. Congratulations to these girls, we hope your passion for the sport continues to grow.
Met so ‘n groep talentvolle spelers, kundige afrigters en ondersteunende ouers kan Lumies se hokkie net van krag tot krag gaan. Ons sien uit om 2024 se seisoen aan te pak.